32 “Vra nou asseblief oor die vroeëre dae+ wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskep het,+ van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel: Is iets so groots ooit tot stand gebring of is so iets ooit gehoor?+ 33 Het enige ander volk die stem van God uit die vuur hoor praat, soos jy dit gehoor het, en bly lewe?+ 34 Of het God probeer om vir hom ’n nasie onder ’n ander nasie uit te gaan neem met beproewinge,+ met tekens+ en met wonderwerke+ en met oorlog+ en met ’n sterk hand+ en met ’n uitgestrekte arm+ en met groot vreeswekkendheid,+ soos alles wat Jehovah julle God vir julle voor jou oë in Egipte gedoen het? 35 Jy—jy is dit getoon, sodat jy kan weet dat Jehovah die ware God is;+ daar is geen ander buiten hom nie.+ 36 Uit die hemel het hy jou sy stem laat hoor om jou tereg te wys; en op die aarde het hy jou sy groot vuur laat sien, en sy woorde het jy uit die vuur gehoor.+ (Deuteronomium 4:32-36)
- Eksodus 3:20: 20 En ek sal my hand moet uitsteek+ en Egipte moet tref met al my wonderlike dade wat ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle uitstuur.+
- Eksodus 7:3:3 Wat my betref, ek sal Farao se hart onversetlik laat word,+ en ek sal beslis my tekens en my wonderwerke in Egipteland vermenigvuldig.+
- Eksodus 11:9: 9 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Farao sal na julle nie luister nie,+ sodat my wonderwerke in Egipteland kan vermeerder.”+
- Numeri 14:11: 11 Uiteindelik het Jehovah vir Moses gesê: “Hoe lank+ sal hierdie volk my met minagting bejeën,+ en hoe lank sal hulle geen geloof in my stel nie, ondanks al die tekens wat ek onder hulle verrig het?+
- Deuteronomium 7:19: 19 die groot beproewinge wat jou oë gesien het,+ en die tekens en die wonderwerke+ en die sterk hand+ en die uitgestrekte arm+ waarmee Jehovah jou God jou uitgelei het.+ So sal Jehovah jou God aan al die volke doen vir wie jy bang is.+
- Deuteronomium 29:3:3 die groot beproewinge wat jou oë gesien het,+ daardie groot tekens+ en wonderwerke.+
- Nehemia 9:10-11: 10 Toe het u tekens en wonderwerke gedoen teen Farao en al sy knegte en die hele volk van sy land,+ want u het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het;+ en u het vir u ’n naam+ gemaak soos dit vandag is. 11 En die see het u voor hulle gekloof,+ sodat hulle op droë grond deur die see getrek het;+ en hulle agtervolgers het u in die dieptes gewerp+ soos ’n klip+ in die sterk waters.+
- Psalm 78:43: 43 Hoe hy sy tekens in Egipte gestel het+ En sy wonderwerke in die veld van Soan;+
- Psalm 105:27: 27 Hulle het die aangeleenthede van sy tekens onder hulle gestel,+ En die wonderwerke in die land van Gam.+
- Psalm 106:22: 22 Wonderlike werke in die land van Gam,+ Vreesinboesemende dinge by die Rooi See.+
- Jeremia 32:20: 20 u wat tekens en wonderwerke gestel het in Egipteland, tot vandag toe, en in Israel en onder die mense,+ sodat u vir u ’n naam kon maak, soos dit vandag is.+
- Handelinge 7:36:36 Hierdie man het hulle uitgelei+ nadat hy voortekens en tekens in Egipte+ en in die Rooi See+ en in die wildernis gedoen het, veertig jaar lank.+
*
+
Find also in other languages
The God speaking out providing provings, signs and miracles
God, beproevingen, tekenen en wonderen
+++
Comments on: "Met beproewinge, tekens en met wonderwerke" (3)
[…] Met beproewinge, tekens en met wonderwerke […]
LikeLike
[…] Met beproewinge, tekens en met wonderwerke […]
LikeLike
[…] Met beproewinge, tekens en met wonderwerke […]
LikeLike