Dade wat vertroulik gedoen word
“Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy ‘n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.”” (Ru 2:12 AF83)
“1 ’n Klaaglied van Dawid wat hy vir die Here gesing het na aanleiding van die dade van Kus, ‘n Benjaminiet. (7:2) By U soek ek beskerming, Here my God. Help my, red my van almal wat my vervolg, 2 (7:3) sodat hulle my nie verskeur soos ‘n leeu sy prooi nie, my nie uitmekaar skeur sonder hoop op redding nie.” (Ps 7:1-2 AF83)
“(22:6) Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.” (Ps 22:5 AF83)
“my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. Van geweld het U my verlos.” (2Sa 22:3 AF83)
“Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.” (2Sa 22:31 AF83)
“en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.” (Ps 2:12 AF83)
“(4:6) Julle moet die offers bring wat aan julle voorgeskryf is, en julle moet op die Here vertrou.” (Ps 4:5 AF83)
“(5:12) Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U.” (Ps 5:11 AF83)
“23 Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. 24 As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.” (Ps 37:23-24 AF83)
“5 Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. 6 Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.” (Ps 126:5-6 AF83)
*
Recent Comments