An other Christian WordPress.com site – Een andere Christelijke WordPress.com site

 

 

“1  “Israeliete, julle moet luister na die voorskrifte en die bepalings waarin ek julle onderrig. Julle moet daarvolgens lewe, dan sal julle bly lewe en die land binnegaan en in besit neem wat die Here die God van julle voorvaders vir julle sal gee. 2 Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie wat ek julle gegee het.” (Deuteronomium 4:1-2 AF83)

“Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe.” (Deuteronomium 17:19 AF83)

“Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.” (Psalms 119:11 AF83)

“U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.” (Psalms 119:89 AF83)

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” (Psalms 119:105 AF83)

“119 U verwyder al die goddeloses van die aarde af soos waardelose skuim, daarom het ek u verordeninge lief. 120 Ek sidder van vrees vir U, ek het diepe ontsag vir u bepalings. 121  Ek het gedoen wat reg en regverdig is, moet my tog nie oorgee aan die genade van dié wat my veronreg nie. 122 Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan, moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie. 123  Ek smag na die bevryding wat U bring, na u woord wat my red. 124  Handel met my volgens u troue liefde, leer my u voorskrifte. 125 Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge. 126 Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree. 127  Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud. 128 Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele en haat ek elke verkeerde pad. 129  U verordeninge is wonderlik, daarom kom ek hulle na. 130  Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.” (Psalms 119:119-130 AF83)

“So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” (Jesaja 55:11 AF83)

“16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Timotheüs 3:16-17 AF83)

“6 (12:7) Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in ‘n oond gesuiwer is. 7 (12:8) U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm,” (Psalms 12:6-7 AF83)

“5 Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil. 6 Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar.” (Spreuke 30:5-6 AF83)

“18 Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is. 19 “Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel.” (Mattheüs 5:18-19 AF83)

“Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”” (Markus 13:31 AF83)

“Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval.” (Lukas 16:17 AF83)

“Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.” (Romeine 15:4 AF83)

“maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.” (1 Petrus 1:25 AF83)

“18 Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; 19 en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.” (Openbaring 22:18-19 AF83)

*

 

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Age To Come

The Lord Jesus Christ is the last Adam, not the first God-man. ~~~ www.AgeToCome.tk

undercoverjw

I go undercover in the Jehovah's Witness Church

Jehovah's Zsion, Zion and Sion Mom Signal for the Peoples!

Thy Empire and Kingdom Zsion Come as In Heavens So on Earth. Diatheke. Matthew.6.10, Tanakh.Psalm.87 and https://zsion.mom

jamesgray2

A discussion of interesting books from my current stock at www.jamesgraybookseller.com

Unmasking anti Jehovah sites and people

Showing the only One True God and the Way to That God

The Eccentric Fundamentalist

Musings on theology, apologetics, practical Christianity and God's grace in salvation through Jesus Christ

John 20:21

"As the Father has sent me, so I am sending you."

The Biblical Review

Reviewing Publications, History, and Biblical Literature

Words on the Word

Blog by Abram K-J

Bybelverskille

Hier bestudeer ons die redes vir die verskille in Bybelvertalings.

Michael Bradley - Time Traveler

The official website of Michael Bradley - Author of novels, short stories and poetry involving the past, future, and what may have been.

BIBLE Students DAILY

"Be faithful unto death, and I will give you the crown of life." Revelation 2:10

takeaminutedotnet

All the Glory to God

Groen is Gezond

van zaadjes in volle grond tot iets lekkers op het bord

Jesse A. Kelley

A topnotch WordPress.com site

JWUpdate

JW Current Apostate Status and Final Temple Judgment - Web Witnessing Record; The Bethel Apostasy is Prophecy

Sophia's Pockets

Wisdom Withouth Walls

ConquerorShots

Spiritual Shots to Fuel the Conqueror Lifestyle

Examining Watchtower Doctrine

Truth Behind the "Truth"

Theological NoteBook

Dabbling into Theology