Vertroue in tye van verhoor
Jehovah is my helper. Ek sal nie bang wees nie. – Heb. 13:6.
“Die persoon wat God die beste ken, sal die meeste op hom vertrou wanneer hy getoets word.”
Hoe waar is hierdie woorde tog! As ons vervolging suksesvol wil verduur, moet ons Jehovah met ons hele hart liefhê en ten volle op hom vertrou.
36 “Leermeester, wat is die grootste gebod in die Wet?”+37 Hy het vir hom gesê: “‘Jy moet Jehovah* jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel* en met jou hele verstand.’+38 Dit is die grootste en eerste gebod. (Matt. 22:36-38)
11 Kyk! Ons noem dié wat volhard het, gelukkig.*+ Julle het gehoor van die volharding van Job+ en het gesien hoe Jehovah* dit laat afloop het,+ dat Jehovah* baie liefdevol* en genadig is.+ (Jak. 5:11).
Lees die Bybel elke dag met die doel om nader aan Jehovah te kom (Jak. 4:8).
Terwyl jy lees, moet jy op Jehovah se tere eienskappe fokus. Probeer sy liefde vir jou voel wanneer jy lees oor die dinge wat hy gesê en gedoen het.
6 Jehovah het voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Jehovah, Jehovah, ’n God wat genadig is+ en medelye* betoon,+ wat nie gou kwaad word nie+ en vol lojale liefde*+ en waarheid*+ is, (Eks. 34:6).
Party vind dit dalk moeilik om te glo dat God hulle liefhet omdat niemand nog ooit liefde aan hulle betoon het nie. As jy so voel, kan jy elke dag ’n lysie maak van maniere waarop Jehovah medelye en goedhartigheid aan jou betoon het.
38 Maar hy was genadig.+ Hy het hulle oortreding vergewe* en hulle nie vernietig nie.+ Hy het sy woede dikwels teruggehou+ in plaas daarvan om dit te laat opvlam.39 Want hy het in gedagte gehou dat hulle vlees is,+ ’n wind wat verbywaai en nie terugkom nie.* (Ps. 78:38, 39)
32 Hy het nie eers sy eie Seun gespaar nie, maar hy het hom vir ons almal oorgelewer.+ Sal hy dan nie ook alle ander dinge saam met hom uit die goedheid van sy hart vir ons gee nie? (Rom. 8:32).
Wanneer jy aan jou eie ondervindinge dink en peins oor wat jy in God se Woord gelees het, sal jy waarskynlik baie dinge kan neerskryf wat Jehovah vir jou gedoen het. Hoe meer jy waardeer wat Jehovah doen, hoe sterker sal jou verhouding met hom wees.
Recent Comments