An other Christian WordPress.com site – Een andere Christelijke WordPress.com site

Nadat Jesus byna ’n jaar en ’n half lank gepreek het, het hy 12 van sy dissipels gekies om apostels te wees. Die apostels was manne wat hy uitgestuur het om ’n spesiale werk te doen.

Uiteindelik het een van die 12 apostels sleg geword. Dit was Judas Iskariot. Daarna is ’n ander dissipel gekies om ’n apostel te word. Dit was Mattias. Later het Paulus en Barnabas ook apostels geword, maar hulle was nie deel van die 12 nie.—Handelinge 1:23-26; 14:14.

– lr hfst. 13 bl. 72-76

Die lot is gewerp, ’n algemene gebruik in Bybeltye (Spr. 16:33).

Saint Matthias.PNG

St Mattias uit die ateljee van Simone Martini

Die apostels het gebid: “U, o Jehovah, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee manne die een aan wat u gekies het” (Hand. 1:23, 24). Hulle wou hê dat Jehovah die keuse moet maak. Mattias, waarskynlik een van die 70 dissipels wat Jesus uitgestuur het om te preek, is gekies. Mattias het dus een van “die twaalf” geword.*Hand. 6:2.

Hierdie gebeurtenis laat ons dink aan die belangrikheid van organisasie onder God se volk. Tot vandag toe word verantwoordelike manne gekies om as opsieners in die gemeente te dien. Die ouer manne gee noukeurige oorweging aan die skriftuurlike vereistes waaraan hierdie opsieners moet voldoen, en hulle bid vir die leiding van die heilige gees. Die gemeente beskou hulle dus as manne wat deur die heilige gees aangestel is. Wat ons betref, ons bly onderdanig en gehoorsaam aan hulle leiding en bevorder ’n gees van samewerking in die gemeente.—Heb. 13:17.

– bt hfst. 2 bl. 14-19 – Getuig (bt)

+

Nou het nie net Petrus en Johannes nie, maar al die apostels—insluitende die pas gekose Mattias—die geleentheid gehad om hulle posisie voor die hof bekend te maak (Handelinge 1:21-26).


***

Handelinge 1:15-26

15 En gedurende hierdie dae het Petrus in die midde van die broers opgestaan en gesê (die skare was altesaam omtrent honderd-en-twintig mense): 16 “Manne, broers, die Skrifgedeelte moes vervul word+ wat die heilige gees+ vooraf deur die mond van Dawid oor Judas+ gespreek het, wat ’n gids geword het vir dié wat Jesus gearresteer het,+ 17 want hy is onder ons gereken+ en het ’n aandeel in hierdie bediening verkry.+ 18 (Hierdie selfde man dan het ’n stuk grond+ met die loon vir onregverdigheid+ gekoop, en hy het vooroor geval+ en met ’n harde geluid binne-in oopgebars, en al sy ingewande is uitgestort. 19 Dit het ook aan al die inwoners van Jerusalem bekend geword, sodat daardie stuk grond in hulle taal Akelda′ma genoem is, dit is Bloedgrond.) 20 Want in die boek van die Psalms staan daar geskrywe: ‘Laat sy verblyfplek woes word, en laat daar geen bewoner daarin wees nie’,+ en: ‘Laat iemand anders sy opsienersamp neem.’+ 21 Dit is dus nodig dat van die manne wat saam met ons bymekaargekom het gedurende al die tyd waarin die Here Jesus onder ons in- en uitgegaan het,+ 22 vanaf sy doop deur Johannes+ en tot op die dag dat hy van ons af opgeneem is,+ dat een van hierdie manne saam met ons ’n getuie van sy opstanding moet word.”+

23 Toe het hulle twee voorgestel: Josef, wat Bar′sabbas genoem is, met die bynaam Justus, en Matti′as. 24 En hulle het gebid en gesê: “U, o Jehovah, wat die harte van almal ken,+ wys uit hierdie twee manne die een aan wat u gekies het 25 om die plek van hierdie bediening en apostelskap in te neem,+ waarvan Judas afgewyk het om na sy eie plek te gaan.” 26 Toe het hulle die lot oor hulle gewerp,+ en die lot het op Matti′as geval; en hy is saam met die elf+ apostels gereken.

Handelinge 6:2-6

2 Toe het die twaalf die menigte dissipels na hulle toe geroep en gesê: “Dit behaag ons nie om die woord van God te laat staan om voedsel aan tafels uit te deel nie.+
3 Daarom, broers, soek+ vir julle sewe manne van goeie getuienis onder julle uit, vol gees en wysheid,+ dat ons hulle oor hierdie nodige aangeleentheid kan aanstel; 4 maar ons sal ons aan gebed en aan die bediening van die woord wy.”+ 5 En die woord het by die hele menigte byval gevind, en hulle het Ste′fanus gekies, ’n man vol geloof en heilige gees,+ en Filippus+ en Pro′gorus en Nika′nor en Timon en Par′menas en Nikola′us, ’n proseliet van Antiogi′ë; 6 en hulle het hulle voor die apostels gestel, en dié het hulle, nadat hulle gebid het, die hande opgelê.+

Hebreërs 13:17

17 Wees gehoorsaam aan dié wat die leiding onder julle neem+ en wees onderdanig,+ want hulle waak oor julle siel as dié wat rekenskap sal gee;+ sodat hulle dit met vreugde kan doen en nie met ’n gesug nie, want dit sal vir julle skadelik wees.+

(Nuwe Wêreld-vertaling)

***

*

v 24: die harte van almal ken: (1 Samuel 16:7): 7 Maar Jehovah het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en na sy hoë gestalte kyk nie,+ want ek het hom verwerp. Want God sien nie soos die mens sien nie,+ want die mens sien wat vir die oë sigbaar is;+ maar Jehovah sien wat die hart+ is.”

(1 Kronieke 28:9): 9 “En jy, my seun Salomo, ken+ die God van jou vader en dien+ hom met ’n volkome hart+ en met ’n gewillige siel;+ want Jehovah deursoek alle harte,+ en hy onderskei elke neiging van die gedagtes.+ As jy hom soek, sal hy hom deur jou laat vind;+ maar as jy hom verlaat,+ sal hy jou vir ewig verstoot.+

(Jeremia 11:20):20 Maar Jehovah van die leërs oordeel met regverdigheid;+ hy ondersoek die niere en die hart.+ Laat my tog u wraak op hulle sien, want aan u het ek my regsaak geopenbaar.+

(Handelinge 15:8):  8 en God, wat die harte ken,+ het getuienis afgelê deur hulle die heilige gees te gee,+ net soos ook aan ons.

(Psalms 7:9): 9 Laat die slegtheid van die goddeloses tog asseblief tot ’n einde kom,+ En mag u die regverdige bevestig;+ En God, wat regverdig is,+ toets die hart+ en niere.+

(Spreuke 11:20): 20 Dié wat verdorwe van hart is, is vir Jehovah verfoeilik,+ maar in dié wat onberispelik in hulle weg is, het hy behae.+

(Jeremia 17:10):10 Ek, Jehovah, deursoek die hart,+ ondersoek die niere,+ ja, om aan elkeen te gee volgens sy weë,+ volgens die vrug van sy handelinge.+

(Jeremia 20:12):12 Maar u, o Jehovah van die leërs, ondersoek die regverdige;+ u sien die niere en die hart.+ Laat my u wraak op hulle sien,+ want aan u het ek my regsaak geopenbaar.+

(Openbaring 2:23):23 En haar kinders sal ek met dodelike plae doodmaak, sodat al die gemeentes sal weet dat dit ek is wat die niere en harte deursoek, en ek sal aan elkeen van julle gee volgens julle dade.+

v 25: apostelskap in te neem: (Johannes 6:70): 70 Jesus het hulle geantwoord: “Ek het julle twaalf uitgekies,+ nie waar nie? Tog is een van julle ’n lasteraar.”+

twaalf uitgekies ook “apostels” genoem: (Lukas 6:13):13 Maar toe dit dag word, het hy sy dissipels na hom toe geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat hy ook “apostels” genoem het:+

(Johannes 15:16):16 Julle het my nie uitgekies nie, maar ek het julle uitgekies, en ek het julle aangestel om te gaan en aan te hou vrug dra+ en dat julle vrug moet bly; sodat wat julle die Vader ook al in my naam vra, hy dit vir julle sal gee.+

(Markus 3:14):14 En hy het ’n groep van twaalf gevorm, wat hy ook “apostels” genoem het, sodat hulle by hom kon bly en sodat hy hulle kon uitstuur om te preek+

v 26: (Spreuke 16:33): 33 In die skoot word die lot gewerp,+ maar elke beslissing daardeur kom van Jehovah.+

(Numeri 26:55): 55 Net deur die lot+ moet die land verdeel word. Volgens die name van die stamme van hulle vaders moet hulle ’n erfdeel ontvang.

(Josua 18:10): 10 en Josua het vir hulle in Silo voor Jehovah die lot gewerp.+ So het Josua daar die land aan die kinders van Israel volgens hulle dele verdeel.+

(Spreuke 18:18): 18 Die lot bring selfs twiste tot rus,+ en dit skei selfs die magtiges van mekaar.+

(Josua 14:2): 2 Hulle erfdeel is deur die lot toegewys,+ net soos Jehovah deur middel van Moses met betrekking tot die nege stamme en die halwe stam beveel het.+

(Nehemia 11:1): 11.1 En die vorste+ van die volk het in Jerusalem gewoon;+ maar wat die res van die volk betref, hulle het die lot gewerp+ om een uit elke tien in te bring om in die heilige stad+ Jerusalem te woon, en die nege ander dele in die ander stede.

(Spreuke 16:33): 33 In die skoot word die lot gewerp,+ maar elke beslissing daardeur kom van Jehovah.+

elke beslissing daardeur kom van Jehovah: (1 Samuel 14:41): 41 En Saul het vir Jehovah gesê: “O God van Israel, gee tog Tummim!”+ Toe is Jo′natan en Saul aangewys, en die manskappe het uitgegaan.+

die elf apostels: (Matteus 28:16): 16 Die elf dissipels het egter na Galile′a+ gegaan, na die berg waar Jesus met hulle afgespreek het,

+++

  • Intro to the Book of Acts and the choosing of Judas’ replacement (sundayschoolbiblestudy.wordpress.com)
    The Book of Acts was written by Dr. Luke, the same Dr. Luke that wrote the Gospel of Luke.
    +
    Guzik: “Even though we read nothing more of Matthias, we should not assume he was a “dud” as an apostle; except for Peter and John, none of the original twelve are mentioned again after Acts 1. Matthias was no more of a “dud” than Matthew or Andrew or Thomas or any of the others.”
  • The Act of the Apostles (shaoqueen2013.wordpress.com)
    And they appointed two, Joseph called Bar’sa-bas, who was surnamed  Justus, and Mat-thias.
  • Acts 1-3 (whatshotn.wordpress.com)
    The Acts of the Apostles in the King James Bible presents an extensive view of early church life and history. It’s focus is primarily on the acts of two apostles, Peter and Paul. It’s purpose is to show the continuation of works through the teachings of Jesus and the Holy Spirit in the establishment of the church. The author is the same as the author of Luke, with the Gospel of Luke and the Book of Acts forming a single, two-volume work. Luke wrote to convince Theophilus, probably a Gentile official, of the certainty of the Things of Jesus Christ that had been told to him. He also wrote to provide a unity between Christ’s works in the Gospels and the apostles’ labors after His ascension. And finally, Luke wrote to show the Roman world that Christianity is not a subversive political movement. Few biblical books are as misused as the Book of Acts, and some denominations have created distinctive and divisive teachings from their interpretations.
  • The Church’s Secret Weapon in Acts: Prayer (calebsermons.com)
    At least twenty-nine times we find the Christians praying in the book of Acts. Acts 1:14,24; 2:42; 3:1; 4:31; 6:4,6; 8:15,22,24; 9:11,40; 10:2,4,9,30,31; 10:1-2, 11:5; 12:5,12; 13:3; 14:23, 16:13,16,25; 20:36; 21:5; 22:17, 28:8. If you throw in “giving thanks” then the count is thirty (Acts 27:35). It’s hard to find a chapter where the church isn’t praying about something. But why? Why were they so prayerful? Even though they had the Holy Spirit in a miraculous measure, they still needed to pray to God. But why?
    +
    I don’t think it’s any coincidence at all that this prayer meeting led to Peter’s suggestion that they appoint an apostle to replace Judas, and out of that prayer meeting we get the apostle Matthias.

 

Comments on: "Matti′as is gekies als een van “die twaalf”" (3)

  1. […] Afrikaans: Matti′as is gekies als een van “die twaalf” […]

    Like

  2. […] Afrikaans: Matti′as is gekies als een van “die twaalf” […]

    Like

  3. […] Afrikaans: Matti′as is gekies als een van “die twaalf” […]

    Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Age To Come

The Lord Jesus Christ is the last Adam, not the first God-man. ~~~ www.AgeToCome.tk

undercoverjw

I go undercover in the Jehovah's Witness Church

Jehovah's Zsion, Zion and Sion Mom Signal for the Peoples!

Thy Empire and Kingdom Zsion Come as In Heavens So on Earth. Diatheke. Matthew.6.10, Tanakh.Psalm.87 and https://zsion.mom

jamesgray2

A discussion of interesting books from my current stock at www.jamesgraybookseller.com

Unmasking anti Jehovah sites and people

Showing the only One True God and the Way to That God

The Eccentric Fundamentalist

Musings on theology, apologetics, practical Christianity and God's grace in salvation through Jesus Christ

John 20:21

"As the Father has sent me, so I am sending you."

The Biblical Review

Reviewing Publications, History, and Biblical Literature

Words on the Word

Blog by Abram K-J

Bybelverskille

Hier bestudeer ons die redes vir die verskille in Bybelvertalings.

Michael Bradley - Time Traveler

The official website of Michael Bradley - Author of novels, short stories and poetry involving the past, future, and what may have been.

BIBLE Students DAILY

"Be faithful unto death, and I will give you the crown of life." Revelation 2:10

takeaminutedotnet

All the Glory to God

Groen is Gezond

van zaadjes in volle grond tot iets lekkers op het bord

Jesse A. Kelley

A topnotch WordPress.com site

JWUpdate

JW Current Apostate Status and Final Temple Judgment - Web Witnessing Record; The Bethel Apostasy is Prophecy

Sophia's Pockets

Wisdom Withouth Walls

ConquerorShots

Spiritual Shots to Fuel the Conqueror Lifestyle

Examining Watchtower Doctrine

Truth Behind the "Truth"

Theological NoteBook

Dabbling into Theology